Jobs in

Worcester - Worcester

Ayanda Mbanga – Redefining Success

Boekhouer Huis Andries Hamman, Worcester Huis Andries Hamman is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuur verslag doen en verantwoordelik wees vir die volgende: Gerekenariseerde boekhouding tot proefbalans Maandelikse opstel van finansiële state Opstel van begrotings Finansiële administrasie (losies, subsidies en rekeninge) Salaris administrasie en statutêre opgawes Betaalpunt vir inwoner pensioene Administratiewe- en sekretariële pligte Kandidate moet oor goeie menseverhoudinge en goed ontwikkelde syferkundige en rekenaarvaardighede beskik. Akkuraatheid en vermoë om teen hoë tempo te funksioneer, tesame met kennis van elektroniese salaris en boekhouding programme, word vereis. Ons bied ‘n onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese en aftree skema, asook ruim verlof. Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 16 Mei 2024 aan: Die Direkteur: Menslike Hulpbronne, epos: mhbbadisa.org.za Apply Now
Share this job with someone you think should apply!
Facebook buttonFacebook   Whatsapp buttonWhatsapp

Want to do another search?

Jobs in