Ons kliënt, Gydosig Aftree Oord (geleë in Prince Alfred’s Hamlet) het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n Geregistreerde Verpleegkundige om by hul span aan te sluit.
VEREISTES:
- SAVR geregistreerd.
- Diploma / Graad in Verpleging.
- Goeie menseverhoudinge & personeelbestuur vaardighede.
- Ervaring met die versorging en verpleging van bejaardes.
- ‘n Liefde vir bejaardes.
- Moet bereid wees om skofte te werk.
- Moet goed in ‘n span funsioneer, maar moet die vermoë hê om inisiatief, verantwoordelikheid en leiding te kan neem.
- Afrikaans & Engels magtig.
VERANTWOORDELIKHEDE:
- Oorsig van verpleging en versorging van bejaardes.
- Oorsig, bestuur en mentor van personeel in eenheid.
- Skakeling met Dokters en Hospitale.
- Skakel tussen inwoners en families.
- Monitering van observasies.
- Delegering van pligte na Verpleegpersoneel en Versorgers.
- Versorging van Inwoners.
- Relevante dokumentasie en administrasie.
- Hantering van medikasie.
'n Markverwante salaris word aangebied.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 19 April 2024
Neem asseblief kennis:
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Alle werwingsprosedures word uitgevoer inlyn met Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting,
Apply Now